Saturday, February 26, 2011

Francois & Louise se Troue oppie Plaas












Leanne (skoolvriendin en koerantfotograaf) het my gevra om haar te help by haar neef se troue. Ons geniet ons reis na Oudshoorn en ry so kuier-kuier en is betyds om nog vinnig in die swembad te spring voor die werk begin.

Die 'couple' is reeds getroud, maar wou graag nog lekker saam met familie en vriende kuier op haar ouers se plaas. Ek weet nie hoeveel lorrievragte hul moes aan ry om die tuin in so 'n pragtige buitelug onthaal area te omskep nie, maar dit was verseker die moeite werd. Met kerse, klein liggies, 'bal'-ligte wat hang oor die tafels en lekker musiek deur Willim Welsyn word daar groot en lekker gekuier. Daar word Tappas bedien - so ons eet heelaand aan 'n groot verskeidenheid heerlike disse - ons praat nie eers van die nagereg nie! Die toesprake is vroeg afgehandel en Francois en Louise, beide met 'n breƫ glimlag, kuier heelaand lekker saam!

Dankie julle 2 dat ek kon saam kuier!

Monday, February 14, 2011

Robert en Emily







Sommer net vir die lekkerte! Wie kan dan hierdie gesiggies weerstaan as jy elk geval die kamera byderhand het.

Troue - Nooitgedacht Stellenbosch


Saterdag 12 Februarie - Nooitgedacht.

Ek 'assist' by my eerste troue vir die jaar - met my nuwe lens!. Alhoewel die Boland se son geen genade gehad het nie, dink ek het ons ons goed van ons taak gekwyt. Die troue was baie stylvol en die venue ongelooflik mooi. Ek sal later 'n paar foto's met jul deel, maar ons wag eers tot die bruid en bruidegom terug kom van hul heerlike honeymoon in Mauritius!! Dis hul voorreg om darem die eerste blik te kry!

Dankie David vir die geleentheid!

Kyk gerus na die skakels hier onder.

http://davidpapenfus.com/

http://www.nooitgedachtestate.co.za/