Wednesday, March 30, 2011
Bella
Hier is nog 2 foto's waarmee ek op die Lo-Fi program gespeel het. Toemaar dit was vir my ook 'n onbekende begrip, maar gaan lees hieronder op wikipedia waarna Lo-Fi verwys. http://en.wikipedia.org/wiki/Lo-fi_photography
Saturday, March 26, 2011
Willem die Klein Klouterkarnalie
Saterdagoggend gaan neem ek vir klein Willem af. Ouma Maureen wil net 'n paar foto's hê en ons gaan sommer na die parkie daar naby die huis. Ek en Willem geniet dit toe so, dat ek op die ou end oor die 100 foto's het! Maar wie met 'n kamera in die hand kan nou so 'n vrolike, vriendelik 3 jarige gesiggie weerstaan!! Later het ek op die internet op 'n Lo-Fi program afgekom. Daar is die wonderlikse 'mood', 'frame's en 'film' opsies om mee te speel. Hier is 'n reeks van 3 foto's van Willem op die glyplank met so Lo-Fi gevoel.
Sunday, March 20, 2011
Kersfees in Maart

Die boonste foto is 'n kombinasie van 'n geskenk van my vriende uit Holland en 'n geskenk aan myself. Die Cd het so 'n week gelede aangekom en ek moet sê ek geniet dit baie. So bietjie outyds, met jazz en ook Argentynse ritmes. Interessant.
Die 2de geskenk (die een aan myself) is my 50mm lens waarvoor ek 6 of meer weke moes wag. Vervoer staking of so ietsie!
Onder is my vetplantjie wat wonder bo wonder steeds oorleef, ten spyte van die hitte! (Ook natuurlik met my nuwe lens geneem)

Subscribe to:
Comments (Atom)