Saterdagoggend gaan neem ek vir klein Willem af. Ouma Maureen wil net 'n paar foto's hê en ons gaan sommer na die parkie daar naby die huis. Ek en Willem geniet dit toe so, dat ek op die ou end oor die 100 foto's het! Maar wie met 'n kamera in die hand kan nou so 'n vrolike, vriendelik 3 jarige gesiggie weerstaan!! Later het ek op die internet op 'n Lo-Fi program afgekom. Daar is die wonderlikse 'mood', 'frame's en 'film' opsies om mee te speel. Hier is 'n reeks van 3 foto's van Willem op die glyplank met so Lo-Fi gevoel.
No comments:
Post a Comment