Wednesday, December 14, 2011

Madré en kie

Madre en haar man se eersteling is nou reeds hier by ons is die regte wêreld -  maar hier was sy nog net 'n belofte van volmaakte liefde.
Julle 2 met klein Karea baie geniet en hoop sy bring vir julle nog baie vreugde!
Dankie Le Roux dat ek saam met jou die 'shoot' kon doen.  Ek het dit baie geniet!









Friday, October 7, 2011

Droomers Nissan Paarl






Lekker gespeel met lig en kleur vir Droomers Nissan Paarl. Hulle het 'n aand foto van die gebou benodig vir hul Webblad. Klink my hulle is heel te vrede. Sal die webbladskakel hier plaas, sodra dit gereed is.


Friday, September 30, 2011

Matrix '11



















Dit was heerlik om die Vrydagmiddag so klomp mooi jongmense af te neem. Mieke en haar vriende het almal eers lekker gesellig by hul huis op Eureka, by mekaar gekom. Dit is 'n trou venue en was daar oral lekker plek vir foto's neem.



Thursday, July 28, 2011

Bruidskou Paarl Mall







29 tot 31 Julie is daar 'n bruidskou by Paarl Mall. Kom loer gerus is, en kyk na al die mooi rokke, venue, foto's en idees wat daar uitgestal word.


Sien julle daar!!

Saturday, May 14, 2011

Leensie speel model





Bella het ook nie op haar laat wag nie en wou opsluit ook deel van die 'photo shoot' wees. Leensie is uit groot dankbaarheid ge'kus' vir die geleentheid.

Sunday, April 3, 2011

Alecia

Alecia met haar besonderse dooprokkie sit soos 'n regte koningin op die stoel. Haar ouma en mamma het ook dieselfde rokkie gedra by hul onderskeie doopplegtighede.

Wednesday, March 30, 2011

Bella

Hier is nog 2 foto's waarmee ek op die Lo-Fi program gespeel het. Toemaar dit was vir my ook 'n onbekende begrip, maar gaan lees hieronder op wikipedia waarna Lo-Fi verwys. http://en.wikipedia.org/wiki/Lo-fi_photography

Saturday, March 26, 2011

Willem die Klein Klouterkarnalie

Saterdagoggend gaan neem ek vir klein Willem af. Ouma Maureen wil net 'n paar foto's hê en ons gaan sommer na die parkie daar naby die huis. Ek en Willem geniet dit toe so, dat ek op die ou end oor die 100 foto's het! Maar wie met 'n kamera in die hand kan nou so 'n vrolike, vriendelik 3 jarige gesiggie weerstaan!! Later het ek op die internet op 'n Lo-Fi program afgekom. Daar is die wonderlikse 'mood', 'frame's en 'film' opsies om mee te speel. Hier is 'n reeks van 3 foto's van Willem op die glyplank met so Lo-Fi gevoel.

Sunday, March 20, 2011

Kersfees in Maart


Die boonste foto is 'n kombinasie van 'n geskenk van my vriende uit Holland en 'n geskenk aan myself. Die Cd het so 'n week gelede aangekom en ek moet sê ek geniet dit baie. So bietjie outyds, met jazz en ook Argentynse ritmes. Interessant.
Die 2de geskenk (die een aan myself) is my 50mm lens waarvoor ek 6 of meer weke moes wag. Vervoer staking of so ietsie!
Onder is my vetplantjie wat wonder bo wonder steeds oorleef, ten spyte van die hitte! (Ook natuurlik met my nuwe lens geneem)

Saturday, February 26, 2011

Francois & Louise se Troue oppie Plaas












Leanne (skoolvriendin en koerantfotograaf) het my gevra om haar te help by haar neef se troue. Ons geniet ons reis na Oudshoorn en ry so kuier-kuier en is betyds om nog vinnig in die swembad te spring voor die werk begin.

Die 'couple' is reeds getroud, maar wou graag nog lekker saam met familie en vriende kuier op haar ouers se plaas. Ek weet nie hoeveel lorrievragte hul moes aan ry om die tuin in so 'n pragtige buitelug onthaal area te omskep nie, maar dit was verseker die moeite werd. Met kerse, klein liggies, 'bal'-ligte wat hang oor die tafels en lekker musiek deur Willim Welsyn word daar groot en lekker gekuier. Daar word Tappas bedien - so ons eet heelaand aan 'n groot verskeidenheid heerlike disse - ons praat nie eers van die nagereg nie! Die toesprake is vroeg afgehandel en Francois en Louise, beide met 'n breë glimlag, kuier heelaand lekker saam!

Dankie julle 2 dat ek kon saam kuier!

Monday, February 14, 2011

Robert en Emily







Sommer net vir die lekkerte! Wie kan dan hierdie gesiggies weerstaan as jy elk geval die kamera byderhand het.

Troue - Nooitgedacht Stellenbosch


Saterdag 12 Februarie - Nooitgedacht.

Ek 'assist' by my eerste troue vir die jaar - met my nuwe lens!. Alhoewel die Boland se son geen genade gehad het nie, dink ek het ons ons goed van ons taak gekwyt. Die troue was baie stylvol en die venue ongelooflik mooi. Ek sal later 'n paar foto's met jul deel, maar ons wag eers tot die bruid en bruidegom terug kom van hul heerlike honeymoon in Mauritius!! Dis hul voorreg om darem die eerste blik te kry!

Dankie David vir die geleentheid!

Kyk gerus na die skakels hier onder.

http://davidpapenfus.com/

http://www.nooitgedachtestate.co.za/